Leselo Lodge kan 34 gaste akkommodeer insluitend die kampbeddens / slaapbanke. Die eenhede akkommodeer 8 persone terwyl die boskamp tot en met 16 persone kan akkommodeer. Alle eenhede het badkamers, buitelug storte en volledig toegeruste kombuise. Elke eenheid het 'n dek met ingeboude braaigeriewe.

Alle eenhede word ten volle gediens.

Fish Eagle

Hierdie eenheid kan tot 6 volwassenes en 2 kinders akkommodeer. Daar is 3 slaapkamers met hul eie badkamers, twee met buitelug storte en een dubbel slaapbank in die sitkamer. 'n Volledig toegeruste selfsorg kombuis, met gasstoof, mikrogolfoond en yskas / vrieskas is beskikbaar met ingeboude braaigeriewe op die buite dek. DSTV kan gekyk word in die gemak van die sitkamer. Linne en handdoeke word voorsien, maar swemhanddoeke moet self voorsien word. Hierdie eenheid deel 'n swembad.

King Fisher

Hierdie eenheid kan tot 6 volwassenes en 4 kinders akkommodeer. Daar is 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningin grootte bed met 'n badkamer en buitelug stort. Die tweede kamer het 2 x 3/4 beddens en 2 x 3/4 beddens in die solderkamer. Hierdie deel 'n badkamer met 'n buitelug stort. Die kinders kan geakkommodeer word op die dubbel slaapbanke  - een in die solderkamer en die ander in die sitkamer. 'n Volledig toegeruste selfsorg kombuis met gasstoof, mikrogolfoond en yskas / vrieskas is beskikbaar met braaigeriewe op die dek. DSTV kan gekyk word in die gemak van die sitkamer. Linne en handdoeke word voorsien, maar swemhanddoeke moet self voorsien word.  Hierdie eenheid deel 'n swembad.

Pumula Bush Camp

Die Boskamp kan tot en met 8 volwassenes en 8 kinders akkommodeer.  Daar is vier luukse grasdakeenhede (Nyala / Duiker / Bosbok / Eland) wat 2 persone elk kan akkommodeer, elk het 3/4 beddens met badkamers (storte). Indien nodig, kan 2 kampbedjies per eenheid verskaf word vir klein kindertjies. Die Boskamp bevat 'n kommune lapa met 'n volledig toegeruste, selfsorg kombuis asook 'n gasbraaier. Daar is 'n eet area, DSTV, boma en swembad. Linne en handdoeke word voorsien, maar swemhanddoeke moet self voorsien word.


Bo